Kindersorg-program

Ons Kindersorg-program is ʼn 13-week kursus en dek onderwerpe soos kinderontwikkeling, persepsie-uitdagings, kreatiewe aktiwiteite, ouderdom-toepaslike literatuur vir verskillende stadiums van kinderontwikkeling, kindermishandeling, skoolgereedheid, babasorg, voorbereiding van ʼn gebalanseerde maaltyd, en ʼn reeks ander verwante onderwerpe. Jy sal ook ʼn gesertifiseerde tweedaagse Vlak 1 Noodhulpkursus voltooi voordat jy ʼn werk-geïntegreerde leergeleentheid aanpak wat aan jou praktiese werksondervinding sal bied by voorskoolse instellings.

Een van die mees bemagtigende aspekte van ons opleiding is dat ons studente leer om herwinbare materiale uit hul omgewing te gebruik tydens kreatiewe aktiwiteite vir hul leerders, wat dit vir hulle moontlik maak om te werk in gemeenskappe wat arm is aan hulpbronne deur maklik beskikbare materiale in hul omgewings te gebruik. Ons hou ook uitstallings na elke program om die opvoedkundige materiaal wat deur studente gemaak is, te vertoon.

Baie van ons gekwalifiseerde studente verkry werk by bewaarskole, as dagsorg-moeders, as kinderversorgers of au pairs.

Ons modules dek die volgende:

  • Kinderontwikkeling
  • Kinderliteratuur
  • Assessering van skoolgereedheid
  • Identifiseer van persepsieprobleme
  • Noodhulp vir kinders
  • Babasorg
  • Voorbereiding van ʼn gebalanseerde maaltyd
  • Maak van opvoedkundige speelgoed
  • Gebruik van musiek en beweging
  • Gebruik van kreatiewe aktiwiteite
  • Naaldwerk
  • Identifisering van kindermishandel
  • Basiese wiskunde en geletterdheid
  • Organisasie en beplanning

Erna Smith (middel) kyk na die Serdyn-kinders, Pierre (links) en Petrus. (Lynne Rippenaar-Moses)

“Dit is baie pret om met kinders te werk, want jy leer elke dag iets nuut by hulle. Dit is net nie moontlik om met kinders te werk sonder om iets by  hulle te leer nie. – Erna Smith (foto), ’n private kinderversorger wat drie jong kinders van die Serdyn-gesin op Stellenbosch versorg.