Gesondheid- en Verswaktesorgprogramme
Ons gevorderde Gesondheid- en Verswaktesorgprogram, geakkrediteer deur die Gesondheid en Welsyn SETA (HWSETA) is ʼn voltydse 15-week program wat bestaan uit vyf weke van teoretiese en praktiese opleiding in ʼn klaskamer-situasie op ons kampus, en 10 weke se praktiese werk deur ʼn werk-geïntegreerde leergeleentheid aangebied deur een van 26 sorginstellings oor die Wes-Kaap.
Die doel van die Program is om leerders te leer hoe om ʼn siek of verswakte pasiënt, bejaarde persoon, of ʼn siek baba/kind te versorg. Die Program dek modules soos etiese sorg by gesondheidsorg-sentrums en in private huise, basiese anatomie, bystand aan immobiele pasiënte, en baba- en kindersorg. Ons studente voltooi hul praktiese opleiding by instellings soos spesialis-kinderhospitale en ouetehuise. Hulle verkry ook dikwels werk by die instellings waar hulle hul praktiese opleiding voltooi.
“Die beste ding wat jy kan doen vir ʼn bejaarde persoon is om hulle met geduld en respek te behandel.”
– Krystal Mowers, ʼn verswaktesorg-assistent in private diens
Ons modules dek die volgende:
- Etiek van versorging in ʼn Gesondheidsorgsentrum en Private Woning
- Primêre Gesondheidsorg
- Versorging van die pasiënt se omgewing
- Mobiliteit
- Persoonlike sorg van ʼn pasiënt
- Anatomie en fisiologie van die menslike liggaam en normale veranderings met veroudering
- Basiese noodhulp
- Handhawing van gesondheid en funksionaliteit
- Versorging van pasiënte met spesifieke probleme
- Versorging van pasgeborenes, babas en kindersorg
- Palliatiewe sorg
- Sterfte en ondersteuning van bedroefde gesinslede
“Vandag is ek in staat om te werk as verpleegsassistent en versorg ek bejaarde persone hier by Geluksoord. Dit is regtig ʼn droom wat waar geword het en ʼn voorreg om hierdie soort werk te kan doen. Ek beplan egter steeds om my droom na te volg om eendag ʼn verpleegster te word.” – Odette Robyn, verpleegassistent by Geluksoord ouetehuis