As jy belang stel om in te skryf vir ons kursusse en programme, kan jy dit doen in drie maklike stappe:
STAP 1:
Kontak ons en verskaf jou besonderhede, om aansoek te doen vir die verpligte iPower Grondslagprogram.
Let wel: Jy moet eers vir die iPOWER Grondslagprogram registreer en dit voltooi alvorens jy vir ‘n Gevorderde Program kan inskryf.
STAP 2:
Jy sal ʼn keuringsproses ondergaan vir die iPOWER Grondslagprogram. Hierdie proses is slegs op uitnodiging. Sodra jy deur een van ons personeellede ingelig is dat jy gekies is vir die iPOWER Grondslagprogram, mag jy daarvoor registreer.
STAP 3:
Sodra jy ons iPOWER Grondslagprogram voltooi het, kry jy toegang tot een van ons drie Gevorderde Programme – Kindersorg-, Gesondheid- en Verswaktesorg, en die Cathsseta Voedseldiens-assistent en Voedsel- en Drankdiens-program – deur ʼn keuringsproses.
Bykomende voordele
STUDENTE-ONDERSTEUNING
Ons bied maatskaplike ondersteuning en mentorskap aan ons studente dwarsdeur ons programme en tydens die eerste jaar van indiensneming. So moenie moed opgee as jy sukkel met sekere uitdagings nie, ons is hier om jy te help om al daardie struikelblokke in jou pad te oorkom.
GEMEENSKAPSUITREIK
Ons kursusse en programme is op so ʼn wyse gestruktureer dat die werk-geïntegreerde leergeleenthede waarby ons studente betrokke is, funksioneer as ʼn wyse vir hulle om hul dienste gratis aan te bied by die instellings en organisasies waar hulle gebaseer is vir daardie periode. Nie alleen baat ons studente by die blootstelling aan werklike werkomgewings en praktiese ondervinding nie, maar hulle is ook in staat om terug te ploeg in die gemeenskappe waar hul werkgewers gebaseer is.
Ons program- en kursusvereistes
Ouderdom: 19 – 35 (jeug groep) & 36 – 55 (senior groep: kwalifiseer alleenlik vir die Gesondheid- en Verswaktesorgprogram )
Duur: 17 dae
- Alle voornemende studente moet ʼn aansoekvorm by Bergzicht Opleiding en Ontwikkeling invul.
- Jy sal gekontak en voorsien word van ʼn keuringsdatum en ook genooi word vir ʼn onderhoud.
- Bring die jongste weergawe van jou CV na die onderhoud. Dit kan of ‘n handgeskrewe of gedrukte CV wees.
- Na keuring moet jy ʼn afskrif van jou ID en jou mees onlangse skoolrapport of matrieksertifikaat op die dag van registrasie saambring.
- Hierdie is ʼn verpligte Grondslagprogram van 17 dae ter voorbereiding van een van ons Gevorderde Programme – die Cathsseta Voedselvoorbereidingassistent- en Voedsel en Drankdiensassistent, Gesondheid- en Verswaktesorg, en Kindersorg.
- Die registrasiegeld vir hierdie Program is R65.
Ons Gesondheid- en Verswaktesorgprogram is geakkrediteer by die Gesondheid en Welsyn SETA (HWSETA). Hoewel die Program op studente tussen 23 – 35 jaar gemik is, kan dit vir ouer deelnemers tussen 36 – 55 op uitnodiging aangebied word. Dít is egter afhanklik van skenkings, maar jy is welkom om jou besonderhede by ontvangs te laat vir wanneer sulke geleenthede hul voordoen.
Duur: 15 weke
- Alle voornemende studente moet ʼn aansoekvorm by Bergzicht Opleiding en Ontwikkeling invul.
- Jy sal gekontak word en voorsien word van ʼn keuringsdatum en ook genooi word vir ʼn onderhoud.
- Na keuring moet jy ʼn afskrif van jou ID en jou mees onlangse skoolrapport of matrieksertifikaat op die dag van registrasie saambring.
Jy moet die iPOWER (Selfbemagtigende) Grondslagprogram voltooi alvorens jy kan kwalifiseer vir hierdie Program. Die registrasiegeld vir die iPOWER Grondslagprogram is R65. - Die registrasiegeld vir die Gesondheid- en Verswaktesorgprogram is R160 en die koste van die uniform vir die Program is R300.
Klik hier om ons modules vir hierdie program te sien.
Ons Kindersorgprogram sluit ook ʼn geakkrediteerde Vlak 1 Noodhulpkursus in.
Ouderdom: 35 en ouer
Duur: 13 weke
- Alle voornemende studente moet ʼn aansoekvorm by Bergzicht Opleiding en Ontwikkeling invul.
- Jy sal gekontak word en van ʼn keuringsdatum voorsien word en ook genooi word vir ʼn onderhoud.
- Na keuring moet jy ʼn afskrif van jou ID en jou mees onlangse skoolrapport of matrieksertifikaat op die dag van registrasie saambring.
- Jy moet die iPOWER (Selfbemagtigende) Grondslagprogram voltooi alvorens jy kan kwalifiseer vir hierdie Program. Die registrasiegeld vir die
- iPOWER Grondslagprogram is R65.
- Die registrasiegeld vir die Kindersorgprogram is R160.
Klik hier om ons modules vir hierdie program te sien.
Hierdie program word in samewerking met The Private Hotel School by hul kampus in Vlottenburg naby Stellenbosch aangebied.
Ouderdom: 19- 35
Duur: 10 weke
- Alle voornemende studente moet ʼn aansoekvorm by Bergzicht Opleiding en Ontwikkeling invul.
- Jy sal gekontak word en van ʼn keuringsdatum voorsien word en ook genooi word vir ʼn onderhoud.
- Na keuring moet jy ʼn afskrif van jou ID en jou mees onlangse skoolrapport of matrieksertifikaat op die dag van registrasie saambring.
- Jy moet die iPOWER (Selfbemagtigende) Grondslagprogram voltooi alvorens jy kan kwalifiseer vir hierdie Program. Die registrasiegeld vir die iPOWER Grondslagprogram is R65.
- Die registrasiegeld vir die Cathsseta Voedselvoorbereidingassistent-program is R160 en die koste van ʼn sjef-uniform vir hierdie Program is R200.
Klik hier om ons modules vir hierdie program te sien.