Renske Minnaar

HUB
Renske Minnaar is sedert Mei 2013 aan die stuur van Bergzicht Opleiding as HUB. Saam met haar span het sy onvermoeid gewerk om die visie van ons stigterslede te dryf en die finansiële volhoubaarheid van hul organisasie te verseker deur te fokus op fondsinsameling, program-akkreditasie, finansiële beheer en die relevansie van ons opleiding. Renske het in 1981 ʼn Diploma in Hotelbestuur in Johannesburg behaal, waarna sy ʼn beroep opgebou het in die Gasvryheid- en Diensbedrywe waar sy verskillende poste in bemarking en verkope beklee het by Fedics Voedseldienste, Avis, Teljoy Communications en ook by Vodacom, waar sy betrokke was by die loodsing van die maatskappy se eerste sellulêre foon in Suid-Afrika in 1994 en later in Australië. In 1996 het sy by die wynbedryf aangesluit om spesifiek te fokus op uitvoerbemarking en ook handelsmerk-ontwikkeling by Spier, ʼn bekende wynlandgoed in Stellenbosch. Sy het in Junie 2011 by ons NRO aangesluit as Direkteur van ons Raad en het op die Raad gedien tot Mei 2013, toe sy aangestel is as HUB.

Adrian Bezuidenhout

Opleidingsbestuurder
Adrian Bezuidenhout het by ons span aangesluit as Opleidingbestuurder by Bergzicht Opleiding in Januarie 2018. Terwyl hy altyd belang gestel het in jeugontwikkeling, het Adrian sy loopbaan begin as vakleerling en hy het later gekwalifiseer as vakman in die drukkersbedryf by Nasionale Tydskrifte. ʼn Paar jaar later het hy geskuif na die musiekbedryf waar hy gekonsentreer het op die versameling van tantieme en distribusie vir die Suid-Afrikaanse Musiek-regte Organisasie (SAMRO), gebaseer in Kaapstad. In 2007 het hy ʼn pos aanvaar as Verkoopsverteenwoordiger in die telekommunikasie-sektor, en daarna sy eie onderneming geopen wat kennisgewingborde vervaardig het. In 2009 het sy loopbaan verander en hom in kontak gebring met jong mense as studentewerwer en later as posplasingsbeampte by Valsbaai Kollege. In Julie 2016 het Adrian geskuif na Northlink Kollege, waar hy weer betrokke was by posplasing en die projekbestuur en administrasie van verskeie projekte befonds deur verskillende Sektor Opvoeding en Opleiding Owerhede (SETA’S) hanteer het.

Ingrid Andrews

Administratiewe Assistent: Fondswerwing en Openbare Verhoudinge

Ingrid Andrews is ’n Bergzicht Opleiding alumnus wat by ons span aangesluit het in Junie 2012 as Plasingsburo-beampte, ʼn pos wat sy gevul het tot die begin van 2016, toe sy aangestel is as Administratiewe Assistent wat fokus op ons fondswerwing en openbare skakelingsinisiatiewe. Met ʼn werklike belangstelling in die lewens van ons studente en ʼn passie om hulle te help om hulle drome te bereik, het sy ʼn sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van ons studente deur die jare. Nadat sy gestudeer het by Bergzicht Opleiding in 1994, het sy die kursus Inleiding tot Publieke Administrasie aan Tygerberg Kollege voltooi in 1996. Dit is gevolg deur ʼn SA Gasheer-kursus in 2006 sowel as kursusse in wynproe, kliëntesorg en tydbestuur. Voordat sy by Bergzicht Opleiding aangesluit het in 2012, het Ingrid gewerk as bestuurder van die Backpackers Lodge en Banhoek Lodge op Stellenbosch en as junior konsultant by die Stellenbosch Toerisme Inligtingsentrum.

Nathalie Skippers

Studente-ondersteuning

Nathalie Skippers het aangesluit by Bergzicht Opleiding in Februarie 2018 en is verantwoordelik vir Studente-ondersteuning by ons organisasie. Nathalie is ’n geregistreerde maatskaplike werker met meer as 12 jaar se ondervinding as maatskaplike werker en proefbeampte vir die Departement Maatskaplike Ontwikkeling sowel as in die niewinsgewende sektor. Haar toewyding tot die veld van maatskaplike werk blyk duidelik uit die verskillende toekennings wat sy van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling ontvang het oor die jare – van die toekenning vir die Nuweling wat die Grootste Potensiaal Toon in 2003 tot die Meriete Toekenning vir Uitstekende Maatskaplike Werk Dienste in 2013. Nathalie het ook gewerk as Mede-koördineerder van die Johann Rupert Beursfonds van die Johann & Gaynor Rupert Stigting waar sy ook loopbaanvoorligting en mentorskap gebied het aan leerders. In haar private kapasiteit werk sy met Kingdom Kids & Prospering Parents, ’n private gemeenskapsuitreikprogram. Sy was ook verantwoordelik vir die konseptualisering van jeugontwikkelingsprogramme en bied loopbaanvoorligting en mentorskap aan leerders deur die organisasie.

Francisca Swartz

Opleidingsadministrasie-ondersteuning

 

Ons opleidingskursusse en programme so nie so glad gefunksioneer het nie, was dit nie vir die praktiese ondersteuning verskaf deur Francisca Swartz, ondersteuningspersoon vir Opleidingsadministrasie, wat in Januarie 2017 by ons span aangesluit het. Nadat sy gematrikuleer het aan Cloetesville Sekondêre Skool op Stellenbosch, het sy ʼn N6 Sertifikaat in Menslike Hulpbronbestuur behaal aan Boland Kollege, Strand, in 2014. Deur hierdie kursus het Francisca vaardighede in personeelbestuurder, arbeidsverhoudinge en rekenaars verkry. In dieselfde jaar wat sy klaar gestudeer het, het sy tydelike werk gekry as ontvangsdame by DGB Boschendal, “een van Suid-Afrika se grootste onafhanklike wyn- en spiritualieë-produsente en verspreiders.” Sy was ook intern-assistent in Vroeë Kinderontwikkeling (2015-2016) by die Departement Maatskaplike Ontwikkeling waar sy die inisiatief geneem het – een van die karaktertrekke wat haar ook kenmerk by Bergzicht Opleiding – om haar vaardighede uit te brei deur ʼn VIP Basiese Betaalrolkursus (RSA) aangebied deur Sage HR & Payroll te voltooi.

Abigail Barnard

Ontvangsondersteuning

 

Ons kantoor sou nie glad kon funksioneer sonder die ondersteuning van die baie doeltreffende Abigail Barnard wat in 2017 as ontvangspersoon by ons span van Bergzicht Opleiding aangesluit het nie. Gefokus op haar toekoms, het Abigail haarself toegerus met die nodige vaardighede nadat sy in 2006 gematrikuleer het, wat haar sou help in die vul van verskeie organisatoriese en operasionele poste in die toekoms. Hierdie kursusse het onder andere ingesluit rekenaargeletterdheid en rekeningkunde, die bestuur van rekenaarlêers, en ʼn reeks Microsoft-kursusse wat sy voltooi het by die Nasionale Rekenaarkollegein Oudshoorn.  Tussen haar studies deur het sy gewerk by die plaaslike Spar in Oudtshoorn, waarna sy ingeskryf het vir die N4 Bestuursassistent-kursus. ʼn Paarl maande later het Abigail begin werk as Ontvangsdame/Administrateur by NIMRO (2009-2011) in Oudtshoorn, waar sommige van haar pligte die bestuur van organisatoriese bates en hulpbronne, kliënt- en publieke interaksie en finansiële bestuur van die kleinkas ingesluit het. Sy het ook jare se datavaslegging- en organisatoriese ondervinding opgebou terwyl sy gewerk het as Liasseerklerk by Koegelenberg Prokureurs (2011-2013) en as Data-administrateur by COPUSCAN (2013-2016) voordat sy vanjaar by ons span aangesluit het.