Bergzicht Opleiding is ʼn nie-regeringsorganisasie wat in die Wynland-distrik van Stellenbosch, Suid-Afrika geleë. Sedert ons ons deure vir die eerste keer in 1992 geopen het, is ons daaraan toegewy om die vaardighede van arm, werklose, ongeskoolde en halfgeskoolde individue uit gemeenskappe in die Wes-Kaap te ontwikkel deur die vaardigheidsontwikkelingskursusse en programme wat ons aanbied.
Deur individue markverwante vaardighede te leer en aan hulle die hulpmiddels te verskaf wat benodig word om die generasiesiklusse van armoede te verbreek, spreek ons een van die dringendste probleme aan wat benadeelde gemeenskappe vandag in die gesig staar – hoë werkloosheid, wat lei tot uiterste armoede.
Ons doen dit deur ons studente toe te rus met praktiese vaardighede deur middel van ons iPOWER (Selfbemagtigende) Grondslagprogram en ons Gevorderde Programme wat fokus op Kindersorg, Gesondheid- en Verswaktesorg, en Voedseldiens-assistent- en Voedsel- en Drankdien-opleiding. Ons bied ook aan die suksesvolle graduandi van ons Gevorderde Program die geleentheid om in te skryf vir ons kortkursus in Indiensnemingsvaardighede, wat bydra om hierdie graduandi voor te berei vir die wêreld van werk, en ʼn rekenaarkursus insluit. Ons is trots daarop dat ons vir langer as twee dekades meer as 10 000 mense uit benadeelde gebiede in en om Stellenbosch en die Kaapse Vlakte opgelei het en permanente indiensneming vir 76% van daardie studente met ons eie Plasingsburo verseker het.
“As ek eendag geseën is met baie geld, sal ek dit graag aan Bergzicht wil gee, want ek glo dit is belangrik om terug te gee wanneer jy soveel ontvang het, en omdat ek weet Bergzicht maak ʼn groot verskil in mense se lewens. Ek kan nou ook my kinders die geleentheid gee om na goeie skole te gaan en ek kan hulle ook uitneem.” – Sharon Carolus
Oor die jare het ons vennootskappe aangegaan met verskeie organisasies en instellings om uiters gewilde kursusse en programme aan te bied, soos ons Cathsseta Voedseldiens-assistent- en Voedsel- en Drankdiens-program wat aangebied word in samewerking met die Private Hotel School in Vlottenburg, Stellenbosch. Ons Gesondheids- en Verswaktesorg-program word ook geakkrediteer deur die Gesondheid en Welsyn-SETA (HWSETA) van Suid-Afrika.
Ons Missie
Ons missie is om aan werklose individue gesertifiseerde vaardighede te verskaf asook ondersteuning om hulle in staat te stel om werk te vind en self-indiensnemingsgeleenthede om ‘n volhoubare loopbaan te bou.
Ons Waardes
Die werk wat ons by Bergzicht Opleiding doen word altyd ondersteun deur ons waardes.
- Kwaliteit in alles wat ons doen
- Integriteit en deursigtigheid te alle tye
- Toewyding tot uitnemendheid
- Toewyding tot die transformering van lewens
- Waardering van diversiteit deur wedersydse respek