Mnr NST (Nathan) Motjuwadi

Voorsitter
Nathan Motjuwadi bring ʼn rykdom van kennis rakende beste praktyke binne die menslike hulpbronne-bedryf na Bergzicht Opleiding en het in daardie kapasiteit bygedra sedert hy by ons Raad aangesluit het in 2013. Hy is in September 2016 aangestel as Ondervoorsitter van ons Raad en dien as Voorsitter van die Raad se subkomitee vir Menslike Hulpbronne.

Hy het ʼn BA-honneursgraad behaal aan die Universiteit Kaapstad, ʼn MB van die Thames Valley Universiteit in die Verenigde Koninkryk, en is aanvaar vir PhD-studies aan die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool in 2016.
Nathan het meer as 20 jaar se ondervinding in die menslike hulpbronne- en besigheidsomgewing vir top internasionale handelsmerke soos Coca-Cola, Cyborg Systems en Danone. Hy het in 2010 aangesluit by Capitec Bank as Uitvoerende Direkteur vir Menslike Hulpbronne en in 2016 het dié finansiële instelling die portefeulje Korporatiewe Sosiale Belegging by sy verantwoordelikhede gevoeg.

Hy is ’n MH Bestuurder met breë en spesialis-vaardighede en kennis wat hy verkry het terwyl hy gewerk het by leidende nasionale en internasionale organisasies op verskeie vastelande, insluitende Afrika en Europa. Hierdie kennis strek oor die sektore opvoeding, konsultering, regering, ontwikkeling en kleinhandel. Voordat hy by die banksektor aangesluit het, het hy gewerk as onderwyser en dien as Departementshoof (Engels en Geskiedenis) van Phahama Hoërskool van 1993 tot 1995, gevolg deur ʼn periode as deeltydse lektor aan Unisa se Bestuurskool.

Hy is passievol oor terugploeg en bydra tot die onwikkeling van menslike kapitaal, en dien ook as Raadslid in ‘n adviserende hoedanigheid van die Chris Hani Hoërskool in Khayelitsha, in die Raad van die BANKSETA, en is ʼn lid van die Vergoedingskomitee van sowel die BANKSETA as Capitec Bank.

Jacolene Quinn

Treasurer
Jacolene joined our Board in May 2023. She has been with Remgro since 2008 as Treasurer responsible for overseeing the ongoing execution of all treasury activities, which encompasses the daily management of the Remgro’s (and some group companies), cash reserves and liquidity risk. Jacolene is part of Remgro’s Treasury Committee reporting to the Audit and Risk Committee which reports to the Remgro Board. She brings a wealth of knowledge to Bergzicht with many years of experience in financial management, Corporate Governance and financial investment.

Dr JJE (Hannes) Koornhoof

Hannes Koornhof het by ons Raad aangesluit in Desember 2015 en sedertdien het hy vir Bergzicht Opleiding van raad voorsien oor hoe om te skakel met ʼn groot poel van donateurs dwarsdeur Suid-Afrika deur die Amicus Trust SA – ʼn organisasie gefokus daarop om ʼn meetbare verskil te maak in vaardigheidsontwikkelingsopleiding en werkskepping by mense van die groter Stellenbosch en Kaapse Wynland-streke – sowel as ander befondsing-organisasies. Hy werk ook baie nou met vrywilliger en gekwalifiseerde maatskaplikewerker me Annette Scott om emosionele en mentor-ondersteuningstrukture te ontwikkel vir Bergzicht Opleiding se begunstigdes.
Nadat hy 38 jaar van sy lewe – waarvan 23 deurgebring is by die Stellenbosch Moedergemeente Kerk – toegewy het aan die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) as leraar, het Hannes in 2014 afgetree en was hy sedertdien betrokke by die opleiding van gemeenteleiers in die NGK. Hy is passievol daaroor om ʼn verskil te maak in sy gemeenskap en om lewenslange leer te bevorder en met hierdie doel is hy betrokke in verskeie leierskap- en bestuursrolle binne die geloofsgemeenskap. Dit sluit in om verantwoordelikheid te neem vir die bediening, bestuur en begrotings van drie verskillende gemeentes in Somerset-Oos in die Oos-Kaap, Pinelands en Stellenbosch as voorsitter van die kerkraad; die lei en bestuur van spanne bestaande uit medeleraars en ondersteuningspersoneel en opleiding, en die bestuur en motivering van vrywilligers. Hannes het ook gedien as die Skriba van die NG Sinode van die Wes-Kaap van 1999 tot 2003 en as Moderator van dieselfde Sinode van 2003 tot 2007.

Hy het ook uitgebreide ondervinding opgedoen oor hoe om die visie en strategie van instellings in die praktyk te implementeer deur sy werk op gemeente- en sinodevlak in die kerk en in liefdadigheidswerk.

Wanneer Hannes nie Bergzicht Opleiding adviseer oor hoe om sy fondsinsameling- en ondersteuningsinisiatiewe te verbeter en uit te brei nie, geniet hy dit om ʼn goeie boek te lees en te stap om fiks te bly.


Me KMV (Kathy) Harris

Kathleen (Kathy) Harris het by ons Raad aangesluit in Mei 2015 en het oor die jare nou saamgewerk met ons HUB, Renske Minnaar, in ʼn poging om ons kommunikasie, openbare verhoudinge en bemarkingsinisiatiewe te verbeter rakende ons donateurs, belanghebbers, vennote en begunstigdes.

Sy het verskeie uitvoerende bestuursposte in die dienstesektor beklee en het uitgebreide ondervinding opgedoen in verkope en bemarking, asook strategiese ontwikkelingsfasilitering en implementering. Sy het gewerk as Besturende Direkteur van HRG Rennies Travel en het ook gedien in die raad van BidTravel en ʼn aantal direksies van sy filiale. Dwarsdeur haar loopbaan het Kathy ondervinding van mense en leierskapsontwikkeling opgebou, nog ʼn area waar sy grootliks bygedra het tot Bergzicht Opleiding se aktiwiteite deur die jare. Sy is tans ʼn onafhanklike Strategie- en Leierskap-konsultant en is gebaseer op Stellenbosch, waar sy en haar gesin woon.