Werkplasing is sentraal in die bereik van een van ons hoofdoelstellings, naamlik om permanente indiensneming te verseker vir studente na afloop van hul opleiding. Ons is geregistreer by die Departement van Arbeid en ons Mentor- en Ondersteuning-span fokus op bemarking van ons graduandi en die bou van verhoudinge met potensiële werkgewers soos gastehuise, ouetehuise, hospitale, klinieke, crèches, dagsorgsentrums en private individue.
Ons fokus op:
- werwing, onderhoudvoering met en keuring van kandidate.
- plasing van kandidate wat hul program voltooi het in voltydse diens.
- verkryging van terugvoer van werknemers rakende die prestasie van werkende studente ten einde te verseker dat ons opleiding tred hou met bedryfsvereistes en om werkende studente te identifiseer wat spesiale afrigting benodig om beter aan te pas in die werksplek.
- deurlopende mentorskap en steun aan geplaaste graduandi tot op ‘n jaar na indiensneming.
Potensiële werknemers word geassasseer vir plasing deur telefoniese en e-posinteraksie sowel as onderhoude van aangesig tot aangesig.
Werknemers wat belang stel om ons graduandi aan te stel, kan Bergzicht Training and Development verder ondersteun in hul missie deur ‘n donasie van R500 te maak. Die donasie help ons om ook ʼn gratis werknemervervanging van drie maande te dek indien die werkverhouding tussen die werknemer en werkgewer nie volgens plan verloop nie.
Om met ons graduandi ʼn onderhoud te voer, of een van hulle in diens te neem, kontak asseblief employ@bergzicht.org.za of by 021 883 3525.
Ons bied ook die volgende ondersteuning aan werkgewers:
- Riglyne oor die mees onlangse indiensnemingsvereistes gebaseer op die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
- Voortgaande monitering om die werksverhouding tussen beide partye te meet en te verstaan waar ons opleiding tekort skiet en waar ons goed vaar.