Cathsseta Voedseldiens-assistent- en Voedsel en Drankdiens-program

Ons is in ʼn vennootskap met The Private Hotel School (PHS) om die geakkrediteerde Cathsseta Voedseldiens-assistent- en Voedsel en Drankdiens-program aan te bied by hul Vlottenburg-kampus by Stellenbosch. As deel van die program word ons studente opgelei vir die Cathsseta Vaardigheidsprogram en Basiese Voedselvoorbereiding en Diensbestuur. Deur die vennootskap met PHS om hierdie 10-week geakkrediteerde program aan te bied, is ons studente meer gesog by voornemende werkgewers en verkry ʼn wêreldbekende kwalifikasie binne die gasvryheidsbedryf.

Die program bestaan uit sewe weke van teoretiese en praktiese opleiding by die PHS kampus, gevolg deur ʼn werk-geïntegreerde leergeleentheid van drie weke by ʼn verskeidenheid gasvryheid- en toerisme-organisasies.

Ons program sal jou voorberei vir indiensnemingsgeleenthede as ʼn professioneel opgeleide kelner, kok, kombuisassistent en assistent-sjef in die gasvryheid- en toerismebedrywe. By voltooiing word ons studente dikwels geplaas in bekende restaurante, gastehuise en by wynlandgoedere.

Ons modules sluit in:

  • Onderhoud van gesondheid, higiëne en professionele voorkoms
  • Onderhoud van ʼn veilige werksomgewing
  • Skoonmaak van voedselproduksie-areas, toerusting en eetgerei
  • Hantering en bewaring van eetgerei en toerusting
  • Hantering en bewaring van voedsel
  • Onderhoud van higiëne in voedselvoorbereiding, kook en stoor
  • Hantering en onderhoud van messe
  • Voorbereiding en kook van basiese visgeregte
  • Voorbereiding van groente vir warm en koue geregte
  • Voorbereiding en kook van basiese eiergeregte
  • Voorbereiding en kook van basiese souse en sop
  • Voorbereiding en kook van basiese vleis- en pluimveegeregte
  • Voorbereiding en kook van basiese rysgeregte
  • Voorbereiding en kook van basiese pastageregte
  • Voorbereiding en kook van stysel
  • Voorbereiding en kook van basiese deegprodukte
  • Verbale Kommunikasie 3
  • Voorbereiding en skoonmaak van areas vir tafeldiens
  • Voorbereiding en skoonmaak vir toonbankdiens
  • Voorbereiding vir diens en skoonmaak van funksie-areas
  • Voorbereiding en stoor van skoonmaaktoerusting en -materiaal
  • Voorbereiding en skoonmaak van areas vir wegneemdiens
  • Voorbereiding en skoonmaak van areas vir drankbediening
  • Hantering en weggooi van rommel

“Ek het soveel geleer van ons vorige assistent-sjef hier by Cavalli en ek sien daarna uit om vele meer nuwe dinge van ons huidige hoof-sjef ook te leer. My droom is eintlik om self ʼn sjef te word en, wie weet, eendag my eie restaurant te besit.” – Cherelene Newman, Commis Chef by die welbekende Equus Dine restaurant net buite Stellenbosch